• ONDERHOUD: STEPHEN FRANCIS EN RICO GESELS OOR HULLE NUWE BOEK – MADAM IMPOSSIBLE
    Dec 19 2025
    Welkom terug by Styleskoops. Madam & Eve is sedert 1992 deel van Suid-Afrika se politieke en sosiale gesprek, en span humor in om lesers te help om alles te navigeer, van die einde van apartheid tot die nuutste skandale en slaggate. Met hul nuwe jaarlikse publikasie, Madam Impossible, verander Stephen Francis en Rico weereens die afgelope jaar se chaos in skerp, toeganklike satire, wat dit die perfekte geleentheid maak om te praat oor hoe hul werk steeds Suid-Afrika se wipwaentjiepolitiek weerspieël en oorleef. Stephen is die skrywer van die strokiesprent terwyl Rico die illustrasies doen. Hulle sluit nou by ons aan om ons alles oor hul nuwe boek te vertel.
    Mehr anzeigen Weniger anzeigen
    14 Min.
  • ONDERHOUD: COLETTE BOTHA GESELS OOR DIE SHE LEADS-KONFERENSIE
    Oct 29 2025
    Welkom by Styleskoops. Ons gesels vandag met die dinamiese Colette Botha, stigter van Colette Strategic Solutions en die dryfkrag agter die komende She Leads Vrouekonferensie wat op 31 Oktober by Pont de Val in Parys, Vrystaat, aangebied word. Met die tema “Om ‘n denkwyse aan te moedig waar ons as vroue genadiglik ruimte deel, ons uniekheid vier, mekaar ophef, bemagtig en ondersteun,” beloof die geleentheid om ‘n onvergeetlike ervaring te wees gevul met inspirasie, verbintenis en groei. Van die hoofspreker Donnalee Roberts tot kragtige besprekings oor egtheid, die bedrieër-fenomeen en balans tussen werk en lewe, beloof die She Leads konferensie om vroue te help floreer in besigheid, leierskap en die lewe.
    Mehr anzeigen Weniger anzeigen
    8 Min.
  • ONDERHOUD: JACQUES LOMBAARD – DIE EERSTE BLINDE KAAPSE WYNMEESTER
    Sep 2 2025
    Geskiedenis is vanjaar in Suid-Afrikaanse wyn gemaak toe die Instituut van Kaapse Wynmeesters sy eerste blinde gegradueerde ooit onder vier nuwe Kaapse Wynmeesters gevier het. Jacques Lombaard se bekendstelling aan wyn het gekom deur ‘n uitnodiging om by Wine Insight aan te sluit, ‘n “blinde” wynproegroep vir gesiggestremde wynentoesiaste. Hierdie unieke omgewing, vry van invloed deur etikette, handelsmerke of voorkoms, het sy afhanklikheid van aroma, geur en tekstuur verskerp; vaardighede wat van onskatbare waarde in sy wynloopbaan geblyk het. Ons gesels vandag met hierdie nuwe wynmeester.
    Mehr anzeigen Weniger anzeigen
    5 Min.
  • ONDERHOUD: RICHARD VAN DER WESTHUIZEN
    Jul 9 2025
    Welkom terug by Styleskoops! Die bekende sanger en akteur, Richard van der Westhuizen is ná 20 jaar weer terug op die teaterverhoog in ʼn heerlike komedie en vier ook hierdie jaar 40 jaar in die bedryf, as verhoog akteur, televisie-atkeur en gewilde sanger en liedjieskrywer. Ons gesels vandag met hierdie ikoon van die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf.
    Mehr anzeigen Weniger anzeigen
    7 Min.
  • ONDERHOUD: STEFAN LÖTTER GESELS OOR SY LOOPBAAN AS AKTEUR
    Feb 10 2025
    Welkom by Styleskoops. Ons gesels vandag met Stefan Lötter, ʼn jong man wat eers Ekonomie studeer het, maar altyd ʼn passie gehad het vir die kunste en toe radio omroeper geword het. In 2023 verruil hy die radio mikrofoon vir televisie en die verhoog. Hy maak ʼn draai voor die kameras as ʼn jong Gys Swarts in die Kyknet sepie Diepe Waters en is tans te sien op die professionele verhoog in die skreeusnaakse klug My Boetie se Sussie se Ou. Sy dae bestaan uit werk as eiendomsagent, woorde leer en toneelspeel. ʼn Besige skedule, maar een wat hy met ywer en passie aanpak. Stefan dankie vir die gesels vandag.
    Mehr anzeigen Weniger anzeigen
    6 Min.
  • ONDERHOUD: ANDRE DIE SKREEUSNAAKSE HIPNOTISEUR
    Jan 15 2025
    Andre Die Skreeusnaakse Hipnotiseur vermaak al die afgelope 35 jaar gehore in Suid-Afrika en in die buiteland met sy skreeusnaakse hipnotiese vermaak. Met sy opleiding in Teater en komedie gee Andre lewe aan sy unieke vorm van vermaak waarin lede van die gehoor die sterre van die vertoning word. Hier om ons meer oor hipnose as vermaak te vertel, is Andre – die skreeusnaakse hipnotiseur. Andre, dankie dat jy vandag by ons aangesluit het.
    Mehr anzeigen Weniger anzeigen
    8 Min.
  • ONDERHOUD: SONJA GOLDBERG OOR HAAR NUWE BOEK
    Dec 20 2024
    Welkom by Styleskoops. Ons gesels vandag met die outeur, Sonja Golberg oor haar ‘n besondere oordenkingsdagboeke, getiteld KOM SAAM. Van haar dae as onderwyseres by ‘n skool vir gestremde leerders tot haar nuwe roeping in die bediening, het Sonja se pad haar telkens teruggelei na haar anker – haar geloof. Kom ontdek hoe sy haar stories gebruik om ander te inspireer. Ons leer meer oor die vrou agter hierdie boeke en die reis wat haar hierheen gebring het.
    Mehr anzeigen Weniger anzeigen
    8 Min.
  • ONDERHOUD: PETER STEMMET
    Dec 11 2024
    Welkom by vandag se Stylekoops, waar ons saam met die bekroonde joernalis en skrywer, Peter Stemmet, in die fassinerende wêreld van sportjoernalistiek delf. Peter se loopbaan strek oor radio, televisie en gedrukte media, waar hy nie net uitdagings in die bedryf oorkom het nie, maar omhels het. Sluit by ons aan terwyl hy sy insigte, loopbaanhoogtepunte en raad van onskatbare waarde vir aspirantjoernaliste deel.
    Mehr anzeigen Weniger anzeigen
    11 Min.