Sakeliga se Nuutste Inligting Titelbild

Sakeliga se Nuutste Inligting

Sakeliga se Nuutste Inligting

Von: Sakeliga
Jetzt kostenlos hören, ohne Abo

Über diesen Titel

Sakeliga is ‘n doelgemaakte voertuig vir missie-gerigte vennote om ‘n florerende ekonomie vir besighede en die gemeenskappe wat hulle dien te bou. Ons ontwikkel hoë-impak, skaalbare oplossings vir staatsverval deur strategiese litigasie en alternatiewe bestuurstrukture.Copyright 2024 All rights reserved. Management & Leadership Ökonomie
  • PPRA moet geskrewe onderneming gee om sy BEE-beleid terug te trek en om te keer
    Aug 6 2024

    Die Property Practitioners Regulatory Authority (PPRA) weerhou sedert ten minste April 2024 eiendomspraktisyns se Getrouheidsfondssertifikate (FFC's) op grond van BEE en verhinder hulle sodoende om wettig sake te doen.

    Sakeliga het van die PPRA 'n geskrewe onderneming vereis dat dit die beleid sal terugtrek en omkeer, na aanleiding van onlangse berigte dat die PPRA ’n tydelike onderbreking ingestel het.

    Die PPRA het nie sy amptelike beleid verander nie en ignoreer eise om die beleid in die openbaar terug te trek, afgekeurde FFC-aansoeke te heropen, en dit daartoe te verbind om soortgelyke BEE-gegronde beperkings in die toekoms te vermy.

    Mehr anzeigen Weniger anzeigen
    7 Min.
  • Sakeliga wen Spesiale Bestraffende Bostebevel teen COGTA en Noordwes-regering
    Jul 31 2024

    Sakeliga het 'n spesiale bestraffende kostebevel teen die Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake (COGTA) en die Noordwes-regering verkry.

    Die hof het bevind dat die staatsrespondente "probeer het om hul grondwetlike plig te ontduik" en dat hul teenkanting teen Sakeliga "heeltemal onnodig" was.

    Mehr anzeigen Weniger anzeigen
    6 Min.
  • Drie nuwe wetsbedreigings vir die ekonomie nou deur president onderteken
    Jul 27 2024

    President Cyril Ramaphosa se ondertekening op 23 Julie 2024 van drie nuwe wette hou ernstige bedreigings vir die ekonomiese omgewing in. 

    Sodra die veelpartyregering dit begin implementeer, sal die Wet op Staatsverkryging, Wysigingswet op Nasionale Kleinsake, en die Wet op Klimaatsverandering die koste van besigheid in Suid-Afrika verhoog terwyl dit staatsverval versnel. 

    Elkeen is potensieel skadelik op sy eie en almal dra by tot 'n onheilspellende reeks wetsbedreigings, waarvan die onlangs ondertekende NHI-wet, regstellende aksie-regulasies, en derde-golf BEE-bepalings deel is.

    Mehr anzeigen Weniger anzeigen
    10 Min.
Noch keine Rezensionen vorhanden