Aanskou Hom in Sy Heiligdom Titelbild

Aanskou Hom in Sy Heiligdom

Aanskou Hom in Sy Heiligdom

Von: Heinrich Viljoen
Jetzt kostenlos hören, ohne Abo

Welkom by Aanskou Hom in Sy Heiligdom, ’n reeks van 7 Bybelstudie-lesings, aangebied deur Heinrich Viljoen. Die Bybelse Heiligdom is veel meer as ’n tent, ’n tempel of ’n stelsel van offers en seremonies. Dit openbaar ’n besondere prentjie van God se plan van verlossing en wys ons stap vir stap na Jesus Christus – ons Verlosser, Hoëpriester en Koning. In hierdie reeks volg ons die goue draad van die Heiligdom deur die Skrif. Ons kyk na Israel, die verbond, die aardse Heiligdom en sy simboliek, die lewe en bediening van Jesus Christus, die hemelse Heiligdom en die betekenis daarvan vir God se volk vandag. Ons ondersoek ook belangrike vrae soos: Waarom moes Jesus mens word? Waarom was Sy doop belangrik? Wat beteken die Ewige Verbond? Hoe onderskei ons tussen menslike kerklike instellings en Bybelse beginsels? Wat leer die Heiligdom ons oor die eindtyd, oordeel en die Drie Engele se Boodskap? Die doel van hierdie reeks is egter nie bloot om kennis oor die Heiligdom op te doen nie. Dit is om Jesus daarin raak te sien. “So het ek U aanskou in die heiligdom, om U sterkte en U heerlikheid te sien.” – Psalm 63:3 Mag elke lesing jou nader aan Christus bring, jou geloof versterk en jou help om die wonderlike eenheid van God se verlossingsplan beter te verstaan.© 2026 Christentum Judentum Spiritualität
  • Wat Glo Jy?
    Aug 15 2026
    55 Min.
  • Israel en die Heiligdom
    1 Std. und 8 Min.
adbl_web_anon_alc_button_suppression_t1
Noch keine Rezensionen vorhanden