Agriskoops Titelbild

Agriskoops

Agriskoops

Von: Newskoop
Jetzt kostenlos hören, ohne Abo

Nur 0,99 € pro Monat für die ersten 3 Monate

Danach 9.95 € pro Monat. Bedingungen gelten.

Über diesen Titel

Agriskoops, aangebied deur Eddie Goldberg, fokus daagliks op die nuutste ontwikkelinge in die landbousektor – van plaas tot mark. Ons bring jou landbounuus en insiggewende onderhoude met produsente, boere, georganiseerde landbou en ander belangrike rolspelers in die landbousektor. Ons fokus op die uitdagings en geleenthede in die sektor met praktiese inligting, tendense en tegnologie wat die toekoms van boerdery vorm, maar gesels ook op grondvlak met die mense wat die hart van boerdery uitmaak. Luister gerus na Agriskoops – vir jou daaglikse oes van landboukennis.Newskoop Politik & Regierungen Wissenschaft
  • Agriskoops - 23 Januarie 2026
    Jan 23 2026
    Op vandag se Agriskoops gesels ons met die Bemarkings- en Ontwikkelingsbestuurder vir Rovensa Next in Sub-Sahara Afrika, Stephan Marais. Hy gesels oor die belangrikheid van Kalium in plante. Hy deel hoe boere kaliumtekorte in plante kan aanspreek.
    Mehr anzeigen Weniger anzeigen
    4 Min.
  • Agriskoops - 22 Januarie 2026
    Jan 22 2026
    Op vandag se Agriskoops gesels ons met Caria Grobler. Sy is die bemarkingsbestuurder by Pioneer Seeds in Suid-Afrika en het met ons gesels oor wat presies hulle aan boere bied en hulle fokus om vir elke boer ʼn oplossing te bied wat spesifiek by sy behoeftes pas.
    Mehr anzeigen Weniger anzeigen
    4 Min.
  • Agriskoops - 21 Januarie 2026
    Jan 21 2026
    Op vandag se Agriskoops gesels ons met Flip de Bruyn van die maatskappy Infoled. Flip is ʼn senior verkoopskonsultant by die maatskappy wat veral fokus op landbou en kommersiële gebruik van sonkrag. Hy vertel meer oor die proses en kostes om sonkrag op jou plaas te installeer.
    Mehr anzeigen Weniger anzeigen
    5 Min.
Noch keine Rezensionen vorhanden