Prooi [Prey]
Nie udało się dodać produktów
Nie udało się dodać tytułu do koszyka.
Nie udało się dodać tytułu do schowka.
„Usuń ze schowka“ nie powiodło się.
„Obserwuj podcast“ nie powiodło się
„Przestań obserwować podcast“ nie powiodło się
Wypróbuj Audible Standard bezpłatnie przez 30 dni
Kup za 18,89 €
-
Czyta:
-
Nic de Jager
-
Autor:
-
Deon Meyer
Kapteins Griessel en Cupido wil van meet af aan nie dié docket hê nie. Die een van Johnson Johnson, oud-poliesman, sy lyk gekry langs die treinspoor anderkant Drie Susters. Want die saak is weke oud. Yskoud. Opgeneuk deur die SAPD, afgedwing op die Valke. Twee passasiers op die wêreld se luuksste trein - waaruit Johnson klaarblyklik gespring het - is spoke. En die arrogante beamptes by die BBP-Beskermingseenheid lieg soos tannetrekkers. Oor kardinale inligting. Negeduisend kilometer noord leef Daniel Darret sy nuwe, eenvoudige lewe in Bordeaux. Tot Ronnie May opdaag, en hom vra om nog een keer te jag. Sy prooi is die staatsgekaapte president van sy tuisland. Want dít is wat Daniel in die ou dae gedoen het, toe hy ’n laksman vir die Stasi en KGB was. Kan die Valke die gemors betyds ontrafel om die sluipmoord te keer? Kan Daniel die meedoënlose Russiese agente ontglip wat hom tot elke prys wil elimineer? En gaan Bennie dit alles oorleef om eindelik vir Alexa Barnard te vra om te trou?
Please note: This audiobok is in Afrikaans.
©2018 Deon Meyer (P)2019 Human & Rousseau