Kanniedood
Nie udało się dodać produktów
Nie udało się dodać tytułu do koszyka.
Nie udało się dodać tytułu do schowka.
„Usuń ze schowka“ nie powiodło się.
„Obserwuj podcast“ nie powiodło się
„Przestań obserwować podcast“ nie powiodło się
Wypróbuj Audible Standard bezpłatnie przez 30 dni
Kup za 17,95 €
-
Czyta:
-
Cintaine Schutte
-
Autor:
-
Irna van Zyl
Speurder Storm van der Merwe en kollega Shirien Niemandt is vroegoggend eerste op die toneel, in 'n eenslaapkamerhuis in Zwelihle digby Hermanus. Op die oog af lyk die bejaarde Gerty Jonas se afsterwe na natuurlike oorsake, maar hoekom het Kai nie by sy ma se lyk gewag nie? En hoekom het hy soos mis voor die son verdwyn?
Die lysie raaisels raak al hoe langer. Shirien ignoreer skielik haar oproepe, en kolonel Mier Ritchie kom met die storie vorendag dat Storm oneties opgetree het, en sy word summier tydelik ontslaan.
Sy besluit op 'n kort blaaskans op Jane English se wildsplaas buitekant Barrydale. Maar Jane vertel haar 'n sindikaat het net die vorige week skaars vetplantjies gestroop en sy smeek Storm om te help om die internasionale smokkelnetwerk oop te vlek. Toe sy instem, verskyn die eintse Kai Jonas weer op die toneel.
'n Blitslekker krimi, deur die topverkoperskrywer Irna van Zyl, wat afspeel in Hermanus en die Klein-Karoo.
Please note: This audiobook is in Afrikaans.
©2025 Dirkje Johanna van Zyl (P)2025 Human & Rousseau